
Motorverkope het verlede jaar al hoe minder gegroei en het hierdie jaar selfs redelik negatief geraak, tot soveel as -10% in 2007. Net so groot dele van die eiendomsmark, veral die duurder segmente, wat meubel en toebehore se verkope redelik geknak het.
Die ekonomie in sy geheel het egter nie baie stadiger beweeg nie. Inderdaad het verbruiksbesteding in die algemeen lewendig gebly, hoofsaaklik omdat inkomegroei sterk gebly het.
Lone en salarisse het tred gehou met die stygende inflasie, staatsbesteding het sterk aanhou groei, en veral besteding aan vaste investering het verder versnel. Dit op sy beurt het waarskynlik die werksgeleentheid bly uitbrei teen ‘n aansienlike pas.
Dit alles het huishoudings se inkomste sterk bly ondersteun. En alhoewel kredietgebaseerde aankope begin ontstaan het, (uit vrees vir verdere rentekoersverhogings) en as gevolg van die streng toepassing van die nuwe kredietwet wat gelei het tot die afwysing van baie kredietaansoeke, het verbruiksbesteding nogtans sterk bly uitbrei. Veral in nie-duursame goedere en in die dienste sektor.
As of dit alles nie kompleks genoeg was nie, het daar vanaf einde Junie, toenemende volatiliteit in die węreld se finansiële markte ontstaan. Die groot druk het gekom vanuit die Amerikaanse kredietmarkte, waar veral baie huisleningskuld afgeskryf moes word as gevolg van swak kredietbesluite deur banke in 2006.
Die gevolglike toenemende onsekerheid het oorgespoel na ons aandelemark, met buitelanders wat verkoop het en afwaartse druk geplaas het op die Rand. Teen middel Augustus het die groot sentrale banke egter ondersteuning begin verleen, en marktoestande het verbeter. In Dollar terme het ons mark maksimaal teen 25% afverkoop, voordat herstel begin intree het.
Dit sal seker nog maande neem vir die volatiliteit om uit te speel, maar dit wil nie lyk as of daar blywende skade aan die groeiproses sal wees nie.
In die eerste helfte van 2007 het Bruto Binnelandse Produk (BBP) met 5.2% gegroei jaar-op-jaar. Selfs die geannulliseerde groei, was nog steeds 4.6% wat getuig van goeie voorwaartse momentum, veral, as in ag geneem word, dat die eerste helfte se groeisyfers normaalweg later opwaarts hersien word en hierdie jaar geen uitsondering hoef te wees nie.
Inflasie behoort hoog te bly, waarskynlik 6%-6.5% vir ten minste die volgende twaalf maande, met uitstraling na die arbeidsmark, en met groot infrastruktuur tariefverhogings wat nog kom. Rentekoerse kan dalk met nog 0.5% verhoog word in Oktober, wat die prima rentekoers 14% sou laat slaan, indien die Reserwe Bank oortuig is om dit te doen.
Dit sou BBP groei tot 5% in 2007 kan beperk, en miskien selfs nader aan 4.5% in 2008 laat beweeg, met verdere rotasie in die groei. Ietwat minder huishoudelike verbruiksgroei van 5%-6% (pleks van 7% gemiddeld soos in 2004-2006), en aanhoudende vinnige investeringsgroei van soveel as 12%-15%, en meer van 'n verbetering in netto uitvoer, met die Rand wat sal handel teen 7.00-7.50:$.
Dit alles getuig van verdere veranderings binne die ekonomie, hoofsaaklik as gevolg van węreldgebeure, maar groei en uitbreiding van die werksgeleentheid sal egter waarskynlik onverpoos voortduur en verbruiksbesteding bly ondersteun.
Cees Bruggemans is hoofekonoom van First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryf in op sy vrye e-pos artikels.