Die groeisyfers vir 2007 mag nog indrukwekkend wees,
met groei van oor die 5% relatief tot 2006. Daar was egter alreeds baie verlies aan BBP groeimomentum verlede jaar soos die verbruiker spoed verloor het, veral in duursame aankope as gevolg van die verhoogde rentekoerse en die nuwe nasionale kredietwet.
Dinge het egter begin handuitruk soos ons dieper in 2008 inbeweeg het. Drie sondebokke was verantwoordelik, naamlik elektrisiteit, kommoditeitspryse en die voortdurende deurwerking van verlede jaar se verhoogde rentekoerse.
Einde 2007 was die eerste gevaartekens in ‘n klein onderdeel van vaste investering. Behuising se bydrae is net 10% van die totale vaste investering. Die verhoogde rentekoerse het ook hier bekostigbaarheid ondermyn, en het gelei tot ‘n matige daling in bouplanne.
Dit het nog nie die bouaktiwiteit beinvloed nie, maar dit was wel ‘n waarskuwing dat die omstandighede aan die verander was. Daar was vir ‘n tydperk die gedagte die verlaging in formele behuising gekompenseer sou word, deur uitbreiding van bekostigbare behuising.
Uiteindelik het dit geblyk dat nie-ekonomiese faktore baie swaarder weeg. Munsipaliteite kon blykbaar nie bybly in die verskaffing van dienste nie. Geboue voltooiing sal hierdie jaar waarskynlik daal met 5%-8%, of selfs meer.
Eskom se elektrisiteit stories het ook hier aan bygedra, en die verswakking word verder uitgekring na ander ekonomiese sektore. Ander bou-aktiwiteite soos kantore, winkels en fabrieke is ook negatief getref. Verder was daar verminderde groei in swaarvoertuigverkope en die mynbou is ook getref deur verminderde elektrisiteit.
Dit alles het die groeivooruitsigte van vaste investering in ‘n kwessie van weke gehalveer, van 16% verlede jaar tot 8% hierdie jaar.
Die verlies aan groeimomentum in die ekonomie het egter voortgegaan om te verdiep soos die maande verby gegaan het. Die hoofsaaklike rede was die stygende inflasie en die verhoogde rentekoerse se sloerende uitwerking op verbruiksbesteding.
Soos olie en voedselpryse gestyg het, as gevolg van die swakker Rand in 2008, het VPIX inflasie verder versnel. Die tweede kwartaal in 2008 sal waarskynlik oor die 10% VPIX inflasie wys. Met lone en salarisse wat nog steeds slegs 8%-9% styg, is daar nou in verlies van werklike koopkrag van 1%-2%, eerder as ‘n styging soos normaalweg die geval is.
Huishoudings met skuld, is maandeliks nog meer geld kwyt, aan verhoogde rentebetalings vergeleke met verlede jaar.
Hierdie is ‘n groot ommeswaai vergeleke met die sterk inkomstegroei van 2003-2007. Kleinhandelsverkope verloor nog steeds momentum, en dit het ‘n deurwerking na produksie, maar ook voorraadposisies, werksgeleenthede en vaste investering. Daar word nou blykbaar in groot dele van die ekonomie teruggesny.
Die ekonomie is nog aan die afkoel, verloor ook nog groeimomentum, en die eerste kwartaal se swak BBP groei sal waarskynlik nog nie die volle prentjie deurgee nie, met verdere verswakking moontlik.
Die enigste twee werklike ligpunte is die mooi landbou oeste en die styging in edelmetaalpryse wat grootliks betaal vir die styging in olieinvoerkoste en ons so beskerm, iets wat baie ander lande nie het nie.
Nadat ons BBP vier jaar lank met oor die 5% gegroei het, is die ekonomie se momentum nou beslis baie swakker. Selfs die 4% BBP groei geprojekteer in Februarie se nasionale begroting lyk nou steeds te hoog. BBP groei van om en naby 3% in 2008 lyk baie nader aan die kol, soos verbruiksbesteding verder verswak, ook nou in semi-duursame, nie-duursame en dienste aankope.
Vaste investering bly mooi geanker in die groot planne van die publieke sektore, om die infrastruktuur uit te brei,, maar daar is blykbaar nogtans ‘nn verlies aan groei in groot dele van die privaatsektor.
Hoewel ons VPIX inflasie nog steeds opwaarts neig as gevolg van stygende kommoditeitspryse en ‘n verswakkende Rand, sal die Reserwe Bank die klem verskuif na onderliggende kerninflasie, met inagneming van die verswakkende groeimomentum.
Kerninflasie het verder gestyg, vanaf (4.5%-5% in 2007) tot nader aan 6% soos elektrisiteit en ander faktore, soos maatskappykoste verhoog het. Lone en salarisse is ook nog steeds aan die styg. Verder skep die dalende Rand verhoogde inkomste vir produsente in die landbou, mynbou en dele van die vervaardigingswese.
Hierdie aspekte mag die Reserwe Bank dalk dwing om rentekoerse nog verder te verhoog in die loop van 2008. Terselfdertyd moet ons die verswakking in die groei in ag neem, en die mate waartoe dit inflasie kan teenwerk. Stagnasie in werksgeleenthede en swakker vaste investeringsgroei sal ‘n rede tot kommer wees en die Reserwe Bank sekerlik versigtig stem.
Hierdie sikliese aanpassing is vir eers nog nie verby nie. Ons moet wag vir die VSA kredietkrisis om tot ‘n einde te kom, so ook vir minder onrus op wereldmarkte en gevolglike afwaartse druk op die Rand, en matiging in olie en voedselprysstygings internasionaal.
Dit op sy beurt behoort minder druk op ons huishoudings te plaas. Rentekoersdalings sal uiteindelik ook verligting bring wanneer inflasie weer aan die daal is.
Verder sal die ekonomie meer duidelik moet aanpas by die verminderde elektrisiteitsverskaffing van Eskom, wat waarskynlik nog vir jare ‘n realiteit sal wees.
Cees Bruggemans is hoofekonoom van First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryf in op sy vrye e-pos artikels.