Dit lei geen twyfel dat internasionale beleidsmakers lankal baie aggressief optree nie. Maar dit was dan ook te verwagte, gegewe die ergste ekonomiese krisis in dekades.
Die Federale Reserwe het byvoorbeeld sy rentekoerse tot nul verlaag. Baie ander leidende sentrale banke is ook alreeds daar of ten minste op pad. En baie regerings het laasjaar hul deel gedoen deur bankstelsels te waarborg, maar ook om begrotingstekortte dramaties te laat toeneem. Die Amerikaanse begrotingstekort word hierdie jaar op $1200bn geraam.
Daarbenewens nog verdere fiskale reddingspakette geskep, bestaande uit nog ekstra besteding en belasting verligting, in Amerika se geval tot nog $800bn meer versprei oor twee jaar, wat die totale begrotingstekort hierdie en volgende jaar nader aan $1600bn opstoot (12% van BBP jaarliks).
China het laat laasjaar ’n ekstra pakket van $580bn aangekondig versprei oor vier jaar. So is daar vandag baie soortgelyke voorbeelde. Suid-Afrika het tydens al hierdie internasionale drama redelik stil gebly, juis omdat ons nie soos ander lande te vroeg aggresief wil word nie. Ons bankstelsel het hoofsaaklik ongeskonde gebly, weens min finansieële druk, en ons ekonomie het maar hoofsaaklik bly aanpas by plaaslike gebeure.
Sedert Oktober 2008 het dinge egter dramaties begin verander. Die internasionale kredietkrisis het plotseling baie fel ekonomiese gebeure begin beïnvloed. Dit was hoofsaaklik omdat vertroue oornag geknak is deur Lehman se bankrotskap en nuwe insigte (dinge was erger as voorheen, met beleidsmakers wat blykbaar nie altyd presies weet wat om te doen nie).
Hierdie golf van paniek het byna orals enorme afname in besteding veroorsaak soos huishoudings besluit het om vervanging van duursame goedere (motors) grootskaals uit te stel, en besighede hul voorrade en vaste investeringsbesluite afgeskaal en arbeid begin ontslaan het.
Hierdie selfde neigings het Suid-Afrika vanaf Oktober 2008 nadelig getref. Daar is aangekondig dat staalproduksie met 30% gesny gaan word, motoruitvoere met 20% verminder en later tot 30% verhoog, platinumproduksie sal dalk met 10% gesny word, ferrochroomproduksie en diamantproduksie is aggressief ingekort, en so is daar ander spesifieke voorbeelde van maatskappye wat moes aanpas by skerp veranderende markomstandighede.
Tog het ons beleidsmakers maar tjoepstil gebly.
Die Rand het natuurlik al sedert begin 2008 verswak, maar eers in Oktober skerp gedaal in reaksie op al hierdie gebeure, en uiteindelik weer (tydelik) tot rus gekom op 10:$, so 40% swakker as in 2007.
Hierdie Randdaling was baie belangrik om ons uitvoerders te beskerm teen die ergste druk van buite af, net soos die olieprys se daling van $150 in middel-2008 tot $40 vandag baie gedoen het om die daling in ons uitvoerpryse te neutraliseer.
Gedurende 2008 het die ekonomie baie van sy groeimomentum verloor. BBP-groei was nog oor 5% in 2007 maar hoogstens 3% in 2008, wat teleurstellend was. Maatskappy en persoonlike inkomstebelasting het skerp afgeneem, bv. BTW, invoerheffings, aksyns, en veral hereregte.
In totaal het belastinginning in 2008/09 met R14bn tekort geskiet. Daarbenewens het die Minister ’n verdere R29bn aan verhoogde besteding toegelaat, veral oordragte en subsidies. Hierdie skuiwe het die begrotingssurplus van 1% van BBP in 2007/08 verander na ’n begrotingstekort van 1% van BBP in 2008/09.
Dit alles het hoofsaaklik stilweg gebeur. Net so ook die aksies van die Reserwebank waar daar nog in Desember 2008 geargumenteer is of rentekoerse wel of nie gesny moes word nie (eerder as baie later in 2009) en of dit 0.5% of 1% moes wees. Die 0.5% besluit het toe gewen, met prima af na 15%.
Eers in Februarie 2009 was dit duidelik dat beleidsmakers wakker geskrik het, hoewel daar gewonder is op hoe baie erger dinge dalk sou kon word. Die Reserwebank het die rentekoerse met ’n verdere 1% gesny, met prima af na 14%. Reserwebank President Mboweni het eintlik ’n sny van 2% verkies. Binne ’n dag het hy laat blyk dat daar waarskynlik eerder bymekaar gekom sal oord dat om nog besluite te neem as dit sou blyk dat ekonomiese data bly versleg.
Die vooruitsigte vir rentekoerse het daarvolgens ’n prima van 10%-11% by middel 2009 begin verdiskonteer, soos ook in die markte alreeds vir geruime die geval was.
Die Minister van Finansies het ’n week later ook sy bydrae gemaak tydens die begroting. Belastinginvordering sal hierdie jaar R50bn minder wees as begroot, terwyl besteding tot R63bn meer sal wees as begroot, veral gemik op die armes. Volgende jaar sal belastinginvordering waarskynlik ook nog R50bn minder wees as begroot, terwyl besteding weer R56bn meer sal wees.
Dit sal veroorsaak dat die begrotingstekort vanjaar nog verder vergroot tot 4% van BBP voordat dit volgende jaar begin afneem soos wat die ekonomie begin herstel.
Die ommeswaai in die fiskale posisie van soveel as 5% van BBP sal 50/50 deur verminderde belastinginvordering en verhoogde besteding bygedra word.
Hierdie olieprys, Rand, rentekoers en fiskale skuiwe is almal baie groot en behoort te help om die ekonomie binnekort te stabiliseer en weer versnelde groei vanaf 2010 aan te moedig, mits globale gebeure ons situasie nie in die tussentyd verder ondermyn nie.
Cees Bruggemans is hoofekonoom van First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryf in op sy gratis e-pos artikels.