Dit wil dikwels voorkom asof kommoditeitspryse eenvormig styg. Dit is beslis nie die geval nie, en dit mag belangrike implikasies vir ons almal inhou.
Vir dekades het die wêreld baat gevind by China se industralisasie. China se ekonomiese groei het aanleiding gegee tot vinnig stygende lewensstandaarde. Verhoogde fabrieksproduksie het versnelde invoere, van basiese grondstowwe soos olie, steenkool en metale tot gevolg gehad. Aangesien internasionale mynbou sy aanbod nie altyd so vinnig kon aanpas, as wat die vraag toegeneem het nie, het kommoditeitspryse begin styg, in baie gevalle selfs skouspelagtig.
Laag betaalde Asiatiese arbied wat invoerprysse laag gehou het, was Fase een van moderne globalisasie genoem.
Die afgelope vyf jaar het ons Fase Twee van moderne globalisasie betree. Hierbenewens het stygende Asiatiese inkomstegroei gelei tot ‘n verhoogde vraag na voedsel, veral vleis. Hierdie vraag na protëine het internasionale landboupryse laat styg. Dit is verder aangehelp deur die stygende olieprys en toenemende vraag na substitute (soos bio-brandstof verskaf deur die landbou).Gedurende die laaste twee jaar het hierdie situasie handuit geruk en het ons almal nou op hol. Al die kommoditeitspryse het nie egter teen dieselfde tempo gestyg nie. Olie en metale, het vroeg begin styg. Ander het van hul hoogtepunte teruggesak. Landboupryse het heel later aan die wedloop begin deelneem.
Elke land word op sy unieke maniere deur voorafgaande gebeure getref. Dit hang alles af van die samestelling, en die hoeveelheid wat ‘n land uitvoer en invoer, asook van die struktuur van produksie. Voordele en nadele wat hieruit voortvloei, is diensooreenkomstig.
Suid-Afrika voer hoofsaaklik sy olie in, (maar Sasol verskap ‘n deel van ons behoeftes). Ons voer veral edelmetale, steenkool en basiese metale uit. Verder word ons beinvloed deur invoer- en uitvoerpryspariteite. Hier dink ons veral aan staal, chemiese goedere en landbouprodukte wat alles massagoedere is, waarvan die pryse internasionaal vasgestel word. Gedurende 2003-2007 het dit gelyk asof ons netto bevoordeel word deur hierdie ontwikkelings. Olieprys het sterk gestyg, van $30/vat tot $90/vat, maar in die ooreenstemmende periode het edelmetaalpryse ook ongeveer verdrievoudig.Gedurende 2008 het hierdie prentjie ietswat komplekser geraak, omdat edelmetaalpryse eers gestyg het, maar toe teruggeval. Olie het egter bly voortstoom en in vroeg Mei self $125/vat bereik.
Die betalingsbalans-posisie, het dus waarskynlik minder gunstig geword, hoewel groot volatiliteit in hierdie opsig in ag geneem moet word. Wat egter baie duideliker geword het, is die inflasie implikasies. Drie jaar gelede was ons VPIX inflasie nog 3.5%. Vandag is dit 10% en dit is moontlik op pad 12% toe, ook deels a.g.v Eskom se tariefverhogings wat nog later vanjaar aangekondig sal word. Die belangrikste inflasiefaktore, was egter die skerp stygings in olie- en landboupryse. Die groot onsekerheid en tergende vraag is wat vorentoe gaan gebeur?
Dit is bloot toevallig dat ons hierdie jaar ‘n goeie landboujaar het, met oesskattings wat tans baie positief blyk te wees. Dit sal help om plaaslike landboupryse te stabiliseer. Dit wil ook voorkom asof daar in sommige gevalle, meer matige prysstygings in sekere oorsese landbouprodukte waargeneem kan word. So dan is dit menslik om te hoop dat hierdie sterk prysstygings nie sal aanhou om ons inflasie verder te verhoog nie. Maar hoop, alhoewel belangrik op aarde, is nie ‘n sinvolle basis waarop ekonomiese vooruitskattings gemaak kan word nie. In die geval van olie, maar so ook wat sekere belangrike lanbouprodukte betref, is daar kragte aan beide die vraag- en aanbodskant aan die werk, wat baie dinamies is. Terwyl die aanbod ietswat sloer, bly vraag internasionaal steeds groei.
Dit wil voorkom asof veral die olieprys verdere opwaartse potensiaal het. Daar is sprake van tot $200/vat oor die volgende twee jaar, maar niemand kan natuurlik seker wees nie. Ons landboupryse het nie noodwendig soortgelyke opwaartse potensiaal nie, maar nogtans bestaan daar tog die moontlikheid van verdere aansienlike stygings. Ons kan nog glad nie seker wees oor hoe ver hierdie pryse kan styg, en in watter mate dit binnelandse inflasie sal verhoog nie. Die boonste draaipunt van die inflasiesiklus is waarskynlik nog nie bereik nie.
Ons moet maar bedag wees, ten opsigte van die rentekoersbeleid van die SA Reserwe Bank. Stygende rentekoerse kan nie eksterne prysskokke soos stygende internasionale olie- en voedselpryse aanspreek nie. Wat belangrik toon is dat die Bank steeds vasbeslote is om tweede-rondte looneise en prysverhogings aan te spreek en te beperk. Daar bestaan wel sensitiwiteit in watter mate, groei prysgegee moet word ten einde inflasie te verlaag onder huidige omstandighede. Dit wil egter voorkom dat indien inflasie nog verder gaan styg, die Reserwe Bank wel rentekoerse sal verhoog, maar nie noodwendig teen dieselfde tempo as in die jongste verlede nie.
Die implikasie van voorafgaande stelling is dat, groeivooruitsigte vir 2008 en veral 2009 verder sal verswak. Inflasie in Suid-Afrika sal waarskynlik slegs betekenisvol kan daal, wanneer daar ‘n verlangsaming of daling in die kommoditeitspryssiklus internasionaal plaasvind. Dit bly vir eers toekomsmusiek.
Cees Bruggemans is hoofekonoom van First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryf in op sy vrye e-pos artikels.